Gemeente

Die kerkgebou vorm gewoonlik die spil waarom 'n godsdienstige gemeente se bedrywighede draai. Hier verlaat lidmate van die NG gemeente Drieankerbaai die kerk ná die erediens op Sondag 28 November 2010.

'n Gemeente is in Protestantse tradisie 'n plaaslike geloofsgemeenskap. Die nasionale kerkverband word meestal met die term kerk aangedui, byvoorbeeld Nederduitse Gereformeerde Kerk. In die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika word egter gewoonlik na elke plaaslike groepering as 'n kerk verwys omdat, volgens dié kerkverband, "elke plaaslike kerk (gemeente) 'n komplete openbaring van die liggaam van Christus is".[1] Vandaar die meervoudsvorm "Kerke" in die genootskap se naam.

  1. (af) Du Toit, prof. dr. S. 1955. Handleiding vir die studie van die kerkgeskiedenis. Potchefstroom: Pro Rege-Pers Beperk.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search